Kia Motors Corporation | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 9 Junie 1944 |
Hoofkantoor | Seoel, Suid-Korea |
Sleutelpersone | Hyoung-Keun (Hank) Lee (Vise-voorsitter en hoof uitvoerende beampte) Peter Schreyer (Hoofontwerper) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | Motors, luukse motors, kommersiële voertuie |
Inkomste | $46,9 miljard (2013)[1] |
Bedryfsinkomste | $3,1 miljard (2013)[1] |
Netto inkomste | $3,8 miljard (2013)[1] |
Werknemers | 33 255 (2013)[2] |
Moedermaatskappy | Hyundai Motormaatskappy (33.88%) |
Webwerf | kia.com |
Kia Motorkorporasie (Koreaans: 기아 자동차), met sy hoofkwartier in Seoel, is Suid-Korea se tweede grootste motorvervaardiger, ná die Hyundai Motormaatskappy, met verkope van meer as 2.7 miljoen voertuie in 2012 en byna 2.75 miljoen voertuie in 2013. Teen Desember 2013 word 33.88% van die maatskappy deur die Hyundai Motorgroep besit.